Modulekode | AGL 890 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | Gedetaileerde en in-diepte ontleding en bespreking van ’n onderwerp van argeologiese belang, gebaseer op ’n goedgekeurde navorsingsvoorstel en etiese klaring. 30 000 – 50 000 woord verhandeling gebaseer op primêre veldwerk navorsing en ander relevante navorsingsbronne wat ’n gespesialiseerde kennis van die argeologiesenavorsingsproses toon. Terwyl navorsingsbevindinge negatief mag wees, moet die meestersverhandeling metodiek gedetailleerd en herhaalbaar wees. Die verhandeling moet die kandidaat se bekwaamheid demonstreer om strategieë te formuleer op konteks-spesifieke sowel as abstrakte konsep probleme. Die navorsingsproses moet ten volle aanspreeklik wees en moet sensitiwiteit toon in ’n na-koloniale werkskonteks. ’n Weergawe of gedeelte van die verhandeling moet vir publikasie in ’n geakkrediteerde joernaal ingehandig word. |
Modulekrediete | 180.00 |
Programme | |
Voorvereistes | Geen voorvereistes. |
Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
Departement | Antropologie en Argeologie |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App